Welkom by Laerskool Drakenstein
“Elke dag ons beste”
Ons Skool
Laerskool Drakenstein is ‘n Afrikaans medium skool met 450 leerders vanaf graad RR tot graad 7. Ons is ‘n waardegedrewe skool met puik opvoeders wat elke dag goed voorbereid is.
Ons fokus op die holistiese ontwikkeling van ons leerders, wat beteken dat ons fokus is om ons leerders voor te berei vir die hedendaagse uitdagings op akademiese -, fisiese – en sosiale gebied.
Ons beskik oor wonderlike sport fasiliteite soos bv. 2 rugbyvelde, 3 tennisbane, 5 netbalbane, hokkie astro en ‘n swembad. Ons bied atletiek, tennis, krieket, swem in die somer aan en netbal, rugby, hokkie, landloop en skaak in die winter. Kulturele aktiwiteite sluit in koor, eisteddfod, dramaklasse, ballet en musiek.
Bestuur
Hotzé Hugo – Skoolhoof
Nelius Rossouw – HOD Intersen fase
Eldri Neethling – HOD Grondslag fase
Ronel Maass – Graad R
Rian Rautenbach – Addisionele lid
Beheerliggaam
Hotzé Hugo – Skoolhoof
Faheem Crombie – Voorsitter
Francois Sampson – Ondervoorsitter
Yolandi Paul – Tesourier
Nicole Heugh – Sekretaresse
Nelius Rossouw – Addisionele lid
Darryl Saville – Addisionele lid
Natasha Rhode – Addisionele lid

