• Baie welkom by Laerskool Drakenstein.
  • Laerskool Drakenstein is ‘n skool waar gelukkige kinders die geleentheid kry om op akademiese, kulturele, geestelike en sportgebied hul talente en vermoëns te kan ontwikkel.
  • By Laerskool Drakenstein het ons uitstekende opvoeders wat elke dag hul beste lewer vir elke leerder in ons skool. Ons strewe daarna om ‘n gebalanseerde, selfversekerde en gedissiplineerde leerder die toekoms in te stuur. ‘n Leerder wat toegerus is met al die vaardighede wat hy/sy nodig het om suksesvol te wees en enige uitdaging met selfvertroue aan te pak.
  • Dit is net moontlik deur ‘n vennootskap tussen die skool, ouers en gemeenskap, waar almal die belange van die kind eerste stel.
  • Laerskool Drakenstein is ‘n waardegedrewe skool. Betroubaarheid, Respek, Verantwoordelikheid, Regverdigheid, Omgee en Burgerskap bemagtig elke drakie om die regte keuses te maak en om emosioneel intelligent op te tree. Drakies is netjiese, gedissiplineerde en vriendelike leerders wat elke dag hierdie waardes ten volle uitleef.
  • Hier is ons ‘n familie wat omgee en ons leuse “Elke dag ons beste” ten volle uitleef.
  • Hotzé Hugo
    Skoolhoof
  • Historiese Oorsig
  • Die Laerskool Hugenote, ‘n “Blikskooltjie” , was die voorloper van die huidige skool, die Laerskool Drakenstein.
  • Op 24 Februarie 1963 word die nuwe skoolgebou in Uysstraat, Denneburg, Paarl amptelik in gebruik geneem. Die gebou het aanvanklik net oor ‘n administratiewe-, ‘n Junior Primêre- en ‘n Senior Primêre afdeling beskik.
  • In 1966 word die gronde deur ouers ontwikkel en in 1968 beskik Laerskool Drakenstein reeds oor ‘n krieketveld, ‘n atletiekbaan, 3 tennisbane, ‘n swembad en kleedkamers.
    Bouwerk aan die skoolsaal word in 1971 begin en in 1973 word die nuwe skoolsaal ingewy en na die eerste skoolhoof, Mnr Louis Wiese, vernoem.
  • Skoolhoofde van Laerskool Drakenstein:
    1963 – 1973 : Mnr Louis Wiese
    1974 – 1992 : Mnr Abé Nothnagel
    1993 – 1996 : Mnr Johan Groenewald
    1997 – 2014 : Mnr Stephen Hoffmann
    2015 – 2019 : Mnr Jan Brand
    2021 – : Mnr Hotzé Hugo